Local newsNationalNewsNews

KYK: Só lyk polisiemanne in mensehandel-saak

Die twee polisiemanne wat saam met medebeskuldigdes tereg staan op aanklagte van mensehandel en verkragting sal tussen 1 en 4 Junie hul borgaansoek in die streekhof in Vereeniging bring.  

VEREENIGING. Die staat het reeds angedui dat hy borgtog gaan teenstaan.

Brigadier Selikoe Esau Mokoena, stasiebevelvoerder van die polisiestasie in Sebokeng, en kapt. Mbuti Richard Foli, ‘n ondersoeker van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe, staan saam met medebeskuldigdes Ikechukwu Anthony Onongaya  en dr. Magnus Adelani Osinowo, ‘n mediese dokter, tereg op aanklagte van mensehandel vir die doel van seksuele uitbuiting.

Dit was kapt. Mbuti Richard Foli van die eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe se werk om seksuele misdrywe te ondersoek. Nou staan hy tereg op aanklagte van verkragting van ‘n mensehandelslagoffer. Foto: Christiaan Cloete

Die polisiemanne word ook van verkragting van ‘n mensehandelslagoffer aangekla.  

Hulle sou na bewering ‘n mensehandelslaggoffer by ‘n bordeel verkrag het.   Volgens ‘n verklaring van die Valke het Osinowo met aborsies by die perseel gehelp en dwelms aan meisies toegedien wat teen hul wil daar aangehou is.

Dr. Magnus Adelani Osinowo (regs), ‘n mediese dokter, het glo dwelms aan mensehandelslagoffers toegedien en aborsies gedoen. Saam met hom is sy beweerde medepligtige Ikechukwu Anthony “Ike” Onongaya. Foto: Christiaan Cloete

 

Die prokureur David Mey tree op namens brig. Mokoena en mnr. Du Plessis namens Foli.   Streeklandros Retha Willemse is die landdros in die saak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button