Local newsNewsNewsSportSport

Covid slaan skole en klubrugby bloedneus

VANDERBIJLPARK. – Asof die Covid-pandemie nie genoeg ontwrigting veroorsaak nie, is die derde golf besig om skole en klubrugby te kelder. Skole in Pretoria het reeds verlede week halt geroep en plaaslik gaan dit nie veel beter nie. Laerskole se wintersport is reeds iets van die verlede en as die infeksie-koers teen die huidige tempo …

VANDERBIJLPARK. – Asof die Covid-pandemie nie genoeg ontwrigting veroorsaak nie, is die derde golf besig om skole en klubrugby te kelder. Skole in Pretoria het reeds verlede week halt geroep en plaaslik gaan dit nie veel beter nie.

Laerskole se wintersport is reeds iets van die verlede en as die infeksie-koers teen die huidige tempo styg is dit net ‘n kwessie van tyd voordat alle sport gestop gaan word.  Klubrugby in die Valke-streek was veronderstel om Saterdag af te skop, maar Covid het ‘n stokkie daarvoor gesteek. Die Vereeniging Rugbyklub het sy tuiswedstryde teen Springs gekanselleer nadat vier spelers van Vereeniging positief vir Covid getoets het.

Die NWU Vaal se tuiswedstryd teen Brakpan is ook gekanselleer nadat Brakpan weens Covid-gevalle ook onttrek het. NWU Vaal speel nou eerskomende Saterdag teen Benoni.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button