LetterLocal newsNewsOpinions

Straatligprojek: Munisipaliteit moet nou sy kant bring

Die projek sal Emfuleni in staat stel om sy dienslewering aan inwoners te verbeter, sê Raadslid Nothnagel

 

Emfuleni-raadslid Phillip Nothnagel skryf:
Die DA kry geweldig steun vir die straatligprojek onder leiding van raadslid Elise Aucamp, wat behels dat inwoners blou linte om stukkende straatligte moet knoop as aanduiding vir die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) om dit reg te maak. ELM moet nou net tafel toe kom om die projek te laat slaag.
Die DA en die Emfuleni Rate Payers Association (ERPA) het die stukkende ligte al male sonder tal by ELM gerapporteer, sonder sukses. Hierdie is nie ‘n DA-verkiesingsfoefie soos sommige mense beweer nie. Die projek sal Emfuleni in staat stel om sy dienslewering aan inwoners te verbeter.
Die tyd vir aksie is nou! Ons kan nie so aangaan nie.
ELM is ‘n mislukte en gebroke Munisipaliteit. Die ANC het ons eens pragtige en vooruitstrewende dorp in ‘n bankrot, donker, vieslike ashoop en rioolput met gate in die plek van strate verander.
Die ANC-beheerde munisipaliteit het niks om op trots te wees nie. Hulle het ons inwoners versaak. Beter gestel in Engels: “They failed the loyal tax payers”.

Emfuleni-raadslid Phillip Nothnagel.

*********************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button