Local newsNationalNewsNews

Nuwe misdaadgier: Skerp voowerpe in die pad

'n Nuwe misdaadgier is blykbaar besig om kop uit te steek op ons land se paaie.

Misdadigers plaas toenemend skerp voorwerpe in die pad om motoriste tot stilstand te dwing en dan te beroof.

Hoewel sulke gevalle nog nie in die Vaaldriehoek aangemeld is nie, het Llewellynn Hemmens, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die Noord-streek, onlangs gewaarsku dat hierdie soort misdaad in Gauteng toeneem, met paaie naby Rooihuiskraal, Centurion en die N4 tussen Bronkorstspruit wat onlangs geteiken is.

Die skerp voorwerpe word gebruik om motoriste tot stilstand te dwing. Foto: Verskaf

Volgens die privaatondersoeker Mike Bolhuis van Specialised Security Services is die modus operandi in meeste gevalle dieselfde.

Die skurke gooi glo skerp voowerpe in die pad, sowat 400m – 500m van die aankomende voertuig af.

Dikwels word dit met kartondose of plastieksakke bedek.

50 tot 150 meter verder met die pad af wag daar ‘n tweede groep wat motoriste beroof sodra hulle tot stilstand kom.

Skerp voorwerpe is moeilik om in die nag te sien en word soms in plastieksakke of kartondose versteek. Foto: Verskaf

Misdadigers hang blykbaar ook klippe teen windskermhoogte van brûe af om motoriste te laat stop.

Bolhuis het die volgende raad vir motoriste:

*Moenie in die nag ry nie.

*Moenie alleen ry nie. *Maak seker dat jou selfoon gelaai is as jy in die nag moet ry en deel jou ligging (“live location”) met ‘n familielid of vriend sodat hulle te alle tye weet waar jy is.

*Probeer om afgeleë paaie en paaie wat swak belig is in die nag te vermy

*Vermy hoofweë naby die stad in die nag.

*Moet nooit oor ‘n plastieksak of kartonboks in die pad ry nie.

*Hou ‘n volgafstand van tussen 100 en 200 meter van die kar voor jou vir ingeval hulle vinnig moet stop.

*Moenie te vinnig ry nie. Dit sal dit makliker maak om uit te swaai indien daar spykers of skerp voorwerpe in die pad is.

*Indien jy wel oor spykers of skerp voorwerpe ry, moenie stop nie. Verminder spoed, maar hou aan beweeg.

*Moenie paniekbevange raak as jou kar se afgeblaasde wiele teen die teerpad skuur of jy vonke sien nie.

*Dit is minder gevaarlik om teen 40km per uur te beweeg as wat dit is om te stop.

*In meeste gevalle sal dit moontlik wees om verder met die pad langs te stop by ‘n tolhek of by ‘n veilige wel beligte area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button