Local newsNewsNews
Kom skiet video in Vereeniging Konsentrasiekamp Begraafplaas
Die FAK Vaaldriehoek-Kultuurnetwerk nooi alle Voortrekkerspanne en ander groepe kinders om 'n baie kort amateurvideo te kom maak op 16 Junie in die Vereeniging Konsentrasiekamp Begraafplaas.

Daar word gevra dat hulle iets sal doen om daardie tyd te laat herleef (120 jaar na Verskroeide Aarde beleid), soos ‘n toneelstukkie of voordrag; sang, skyngeveg, kleresdrag ens. (enigiets uit ons geskiedenis).
Die kriteria: kinders moet betrek word; nie langer as 3 – 4 minute nie; kreatiwiteit en oorspronklikheid nodig.
Die video moet op selfoon opgeneem word en moet op 16 Junie in die Vereeniging Konsentrasiekamp Begraafplaas opgeneem word. Geen redigering nodig nie (amateur).
Videos moet daarna per What’sApp aangestuur na beoordelaars wat dan later wenners sal bepaal.
Daar is ook glo ‘n lekker prys op die spel vir die wenvideo.
Die organiseerders herinner belangstellendes dat daar geen geriewe in die begraafplaas is nie. Onthou dus ook sommer ‘n kampstoel en alles wat nodig is vir die video.
Stuur ‘n What’sApp boodskap aan 083 755 4444 om in te skryf. Tyd sal gereël word met inskrywing.
* Kranslegging of sommer net blomme deur verskeie kultuurorganisasies en belangstellende individue sal ook omstreeks 12:00 plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
