NewsNews

Midvaal Plaaslike Munisipaliteit vra vir kalmte langs R59

Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit sê hy veroordeel die geweldadige protesoptogte op die R59 waartydens verkeer ontwrig is en motoriste se voertuie met klippe bestook is ten sterkste.

Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se burgemeesterskomiteelid vir ontwikkeling en beplanning, rdl. Lynda Parsonson sê hoewel inwoners ’n demokratiese reg het om protes aan te teken, dit vreedsaam moet geskied sonder om op ander mense se demokratiese regte inbreuk te maak.

 

“Die munisipaliteit verstaan die protesoptrede gaan oor behuising en die gebrek aan dienste.

Midvaal het reeds proaktiewe stappe geneem, ondersoek ingestel en studies gedoen sodat inwoners van Piels Farm, Boitumelo en Khayelitsha met grond voorsien kan word wat behoorlike behuising en toegang tot water, riolering en elektrisiteit bied.

Lynda Parsonson, burgemeesterskomiteelid vir ontwikkeling en beplanning by die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit.

“Lewensvatbaarheidstudies is reeds gedoen en grond is reeds geoormerk vir ontwikkeling. Ongelukkig kan behuising nie op plaaslike regeringsvlak voorsien word nie,” sê Parsonson.

Parsonson het gevra dat die gemeenskap die onwettige en gewelddadige protesoptrede staak.

Sy meen die munisipaliteit doen sy bes om die kwessie so spoedig as moontlik op te los.

Volgens Parsonson is die munisipaliteit tans in samesprekings met inwoners om ‘n volhoubare oplossing te probeer vind.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button