SASOLBURG. – Dowwe Dolla kuier vir oulaas by die ERT op Donderdag, 27 Mei om 19:00. Die vertoning, Dowwe Dolla: Nou of Nooit met Margit Meyer-Rödenbeck en Coenraad Rall op klavier, beloof om weer allerlei waarhede op komiese wyse oor te dra.
Soos wat sy self sê: “Die grendels begin afval, MAAR die Kalf is in die Put, Cyril is in die Middel, maar Ace is nog in die Kombuis, Eskom se volgende reddingspakket is n hamper met Blitz & Charcoal, Woolies verkoop hyena-vriendelike heuning, Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Dowe Dolla kom vir n lang kuier, …wat alles beteken Suid Afrika is in groter moeilikheid as wat ons besef het. Dinge sal moet verander, dis nou of nooit!”
Bespreek by WhatsApp by 063 217 5147 of stuur ‘n e-pos na herman@ertsasolburg.co.za. Onthou omjou naam, van, e-posadres, selfoonnommer en die getal kaartjies wat benodig word, saam met die vertoning se naam in die boodskap te noem.
Betalings geskied deur elektroniese oorbetaling met jou naam as verwysing. Die bewys van betaling moet dan per WhatsApp of e-pos gestuur word.
Kaartjies kan 30 minute voor die aanvang van ‘n vertoning afgehaal word. Onthou sitplekke is beperk weens Covid-19 regulasies en maskers moet ten alle tye gedra word.
Vir meer besonderhede, besoek @ERTSasolburg se Facebookblad.
