Local newsNewsNews

Koperdiefstal vernietig Emfuleni se infrastruktuur

Kabeldiewe het alweer onlangs in Emfuleni toegeslaan by drie watersuiweringswerke en ‘n groot hoeveelheid kabels gesteel wat die munisipaliteit miljoen gaan kos om te vervang. 

Mediaverklaring uitgereik deur: Gerda Senekal (VF Plus-raadslid: Emfuleni-plaaslike munisipaliteit)

Die toenemende koperkabeldiefstal vanuit substasies en rioolwerke is besig om die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) verder op sy knieë te dwing. Indien die tendens voortduur kan van die substasies vir maande buite werking wees.

Die Rietspruit-watersuiweringswerke in Vanderbijlpark is die swaarste getref met kabel van 1,2km wat gesteel is. Dit gaan die munisipaliteit, wat onder gedeeltelike administrasie is en skaars basiese dienste kan lewer, miljoene rand kos kom die kabel te vervang.

Die diefstalle volg nadat twee sekuriteitswagte by die Verref-substasie in Vereeniging doodgeskiet is terwyl hulle die eiendom bewaak het. Twee dae tevore is twee sekuriteitswagte met pype aangerand en in ‘n hospitaal behandel.

Die vandalisering en diefstal van infrastruktuur neem toe ondanks bewaking deur sekuriteitsmaatskappye.

Die VF Plus het twee jaar gelede voorstelle by die Emfuleni-raad ingedien om skroothandelaars aanspreeklik te hou vir die aankoop van onwettige koperkabels.

Die party het voorgestel dat wanneer skroothandelaars koperkabel aankoop, die verkoper sy identiteitsdokument moet toon wat op ʼn databasis aangeteken moet word. Die voorstel is deur die raad afgekeur.

Omdat die buurtwagte of gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) nie self ‘n klag kan indien by die polisie wanneer hulle ‘n verdagte met koperkabels betrap nie, het die party voorgestel dat ‘n munisipale amptenaar van die elektrisiteitsafdeling die gesteelde goedere moet gaan uitken en ‘n klag van diefstal teen die verdagte indien.

Ook hierdie voorstel is afgeskiet omdat die betrokke amptenaar van die elektrisiteitsafdeling nie altyd beskikbaar is om dit te doen nie.

Dit is duidelik dat Emfuleni se ANC-beheerde raad nie belangstel of oor die politieke wil en vermoë beskik om oplossings te vind vir die swak dienslewering waarmee inwoners daagliks gekonfronteer word nie.

Inwoners van Emfuleni moet in die komende plaaslike regeringsverkiesing saam met die VF Plus opstaan, saamstaan en sterk standpunt inneem teen die verval van plaaslike regering.

Koperkabeldiefstal knak ELM verder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button