Local newsNewsNews

Mathys Roets gaskunstenaar by Kakiebos Mark in Midvaal

MIDVAAL. - Mathys Roets is die gaskunstenaar wat Saterdag (29 Mei) om 13:00 by die eerste Kakiebos Mark in Meyerton gaan optree. Die mark begin om 09:00 tot omstreeks 15:00.

Dié mark, wat gerig is op oorspronklike en selfgemaakte produkte, word deur die studente van die Greenline Entrepreneur Opleidingsentrum aangebied.

Die fokus is op handgemaakte items en om mense die kans te gee om hulle klein ondernemings aan die publiek bekend te stel.

Behalwe vir heerlike kosse soos tuisgebak en pannekoek, sal daar ook puik gehalte koffie, Pecan-neute, handgemaakte leerskoene,  handgemaakte hout items, messe, papierblomme, juwele, kuns, biltong, seep en vele meer te koop wees.

Die adres is 85 Gouwsblomstraat, Pendale, Meyerton.

Almal is welkom, maar onthou dat Covid-19 veiligheidreëls gevolg word. Kontak Carin by  066 215 8163 as jy iets by die mark wil verkoop of meer inligting benodig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button