News

Bekende TV- en rolprent-akteur, Ben Kruger, sterf

Okkie van Binnelanders sterf weens virus

 

Die bekende akteur Ben Kruger, ook bekend as Okkie in die TV-sepie Binnelandsers, het gisteraand (25 Mei 2021) aan Covid-verwante gevolge gesterf.

Kruger het in sy akteursloopbaan van meer as 40 jaar diep spore op TV en op die land se verhoë getrap.

Baie lesers sal hom onthou as Neef Gert in die SABC-televisiereeks, 7de Laan. Hy was ook bekend vir sy rol in Snake Island.

Hy het vroeër jare ook in reekse soos Riemvasmaak, The Game en Skooldae gespeel.

Wyle Kruger het twee maande gelede, op 25 Maart, 64 jaar oud geword. Hy het die afgelope jare in Pretoria gewoon.

Die bekende akteur, Ben Kruger, ook bekend as Okkie in Binnelanders, het op 25 Mei gesterf.

***************************************************************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button