Local newsNewsNews

Laaste pompstasie kalf! Hele Vaal se riool beland nou direk in Vaalrivier

Vir die eerste keer in die geskiedenis van Emfuleni beland al die riool nou direk in die Vaalrivier!

Dié ramp is te danke aan groot pompstasies wat veronderstel is om die riool na die Watersuiwerings-werke te lei, die gees gegee het en af is.

Die groot Pompstasies sluit in 2, 10 en 8. Pomstasie 2 was die laaste werkende pomp maar het eergister uitgebrand.

Daar moes na regte vier pompstasies wees, maar weens ELM se geldgebrek, was Pomstasie 2 die enigste werkende pomp … wat natuurlik ooreis en uiteindelik uitgebrand het.

Nou loop Vereeniging, Peacehaven, Arconpark, Waldrif, Sonlandpark, Drie Riviere, Risiville Vanderbjilpark (hele Emfuleni- streek) se riool direk na die Vaalrivier.

In Vanderbijlpark gaan dit net so sleg. Die hele Vanderbjilpark en Vaal Mall-area loop na die Rietspruit-waterwerke wat staan weens kabeldiefstal.

R42 ( Alex Roadhouse) se rioolpyp het reeds twee jare gelede ingeval. Geen riool loop soos dit veronderstel is na die Rietspruit-waterwerke nie.

Die Emerald Casino Rivier-pompstasie kry die bo-dorp se riool (S-areas) en al hierdie riool moet na regte na die  Rivierpompstasie gaan. Al die riool loop tans direk in die Vaalrivier in.

Na drie intervensies vanaf Gauteng Provinsie om Emfuleni te probeer red is dié ramp nou die uiteinde.

Rdl. Gerda Senekal (VF Plus) lê vandag besoek af by al die pompstasies en sal later meer indiepte inligting verskaf oor die stand van sake.

Illustrasiefoto

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button