Local newsNewsNews

‘n Pantoffel kuier van epidermiese proporsies!

'n Lekker kuier dag om die jaar se geite en stress bietjie te verlig.

VANDERBIJLPARK. – “Ek staan nou die anderdag en dink hoe min geleenthede daar nou se dae vir vroue is om regtig formele aanddrag aan te trek.

“Voel toe vir my asof die lewe bietjie van sy kleurryke glitz en glamour verloor het. Net daar het ek die idee gerky om ‘n National Evening Wear at Breakfast dag te reël”, vertel Lorraine Smit, skrywer van Sasolburg.

Voordat die idee kon vorm aanneem het sy besef die winter is hier, aandrokke sal moet wag totdat die somer weer aanbreek.

Die aandrok-ontbyt is derhalwe so bietjie op die langebaan geskuif en behoort nou in Oktober gehou te word.

Tog het die idee Lorraine laat besef dat vroue in die Vaaldriehoek iets kort om weer bietjie kleur in hul lewens te bring. “Ons moet ons saai lewens opkkiker”, lag sy.

Daarom het sy besluit om ‘n sosiale klub vir vroue te begin. Sy noem dit Girls@FabEvents  en sê by die klub gaan daar lekker en opwindende dinge gebeur.

Lede kan gratis aansluit, maar elkeen betaal dan net uit hul eie sak vir die funksies of etes.

Die heel eerste pret geleentheid vind plaas op 12 Junie 2021 by Kunstedraai, Offenbachstraat 35 in Vanderbijlpark.

Dit word ‘n Slipper Brunch genoem en ja, almal gaan met hul pantoffels aan kom saam kuier.

Die oggend beloof om vir groot pret te sorg, met LIZZ wat gaan sing en Lorraine en Vivvie wat oor die lewe gaan gesels (soos wat die plakkaat sê, ‘n female take op die lewe in ‘Op die stoep’ formaat.)

Terwyl daar lekker gekuier en geëet gaan word, gaan Lorraine ook ‘n voorlesing doen uit haar boek, My Lewe is ‘n Storie.

Kaartjies is weens die Covid-regulasies beperk en moet vooraf bespreek word. Kontak Lorraine by 083 259 3739. Die verrigtinge begin om 10:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button