Covid kelder plaaslike rugby-derby
VANDERBIJLPARK. – Die jaarlikse derby tussen Vereeniging Rugbyklub (VRK) en die NWU Vaal wat more-middag sou plaasvind is gekanselleer. VRK het vroeër vandag bevestig dat een van sy afrigters positief vir Covid getoets het. Na wat verneem word het hy kontak met senior spelers en afrigters gehad. Dit lyk in die stadium onwaarskynlik dat enige …

VANDERBIJLPARK. – Die jaarlikse derby tussen Vereeniging Rugbyklub (VRK) en die NWU Vaal wat more-middag sou plaasvind is gekanselleer. VRK het vroeër vandag bevestig dat een van sy afrigters positief vir Covid getoets het. Na wat verneem word het hy kontak met senior spelers en afrigters gehad.
Dit lyk in die stadium onwaarskynlik dat enige sinvolle klubrugby in die Valke se Peregrine-liga gaan plaasvind, aangesien VRK en Springs verlede naweek ook weens Covid19 nie hulle liga verpligtinge kon nakom nie. Brakpan het ook weens Covid19 teen NWU Vaal gekanselleer, maar die studente kon darem ‘n ligakragmeting verlede naweek teen Benoni deurgewerk het. Kenners voorpsel dat die Civid-gevalle algaande sal toeneem soos wat ons die hartjie van die winter binnegaan en dit voorspel glad nie goeie dinge vir klubrugby en sport in geheel nie.
