Local newsNewsNews
Noue ontkoming vir swanger vrou in CW6
VANDERBIJLPARK. - Die rustige oggend in die CW6-woonbuurt is versteur toe 'n swanger inwoner ander bure benoud om hulp geskakel het toe daar twee mans net voor 11:00 oor die muur gespring en toegang tot die huis probeer kry het.

Die vrou en haar tiener seun was besig om voor die televisie te ontspan toe hulle sien hoe die mans deur die venster na hulle kyk. Die mans het waarskynlik gedink daar is niemand tuis nie. Hulle was gewapen, maar het kort daarna op die vlug geslaan.
Niks is in die voorval gesteel nie en niemand is beseer nie.
Die inwoners in die buurt was egter erg geskok, maar bedank die CW6-buurtwag wat vinnig tot aksie oorgegaan het en in besonder die Rescom-beamptes (Frans en Willem) wat binne minute op die toneel was.
Inwoners in die area word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir twee gewapende blanke mans.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
