Local newsNewsNews

Plaaslike talent by SA se grootste aanlyn konsert ooit!

"Music is all around met. It's in my heart" - Jordan Rivers. Hy tree vanaand saam met groot name in die SA musiekbedryf op.

VEREENIGING. – Jordan Rivers (22) van Vereeniging sê een van sy grootste drome word vandag ‘n werklikheid wanneer hy by die Huawei Joburg Day 947 musikale extravaganza optree.

Hy het sy op en wakker enkelsnit, Show Me How, verlede jaar geskryf en dis in Februarie die jaar uitgegee.

Die lirieke en wysie werk goed saam om enige een uit ‘n gat te trek en weer ‘n lus vir die lewe te gee.

Die amptelike video van Show Me How kan by Linktr.ee/jordanrivers gekyk word.

‘n Maand na die enkelsnit uitgegee is, het Jordan dit gebruik om in te skryf vir ‘n 947 FM kompetisie.

Hulle was op soek na nuwe talent om saam met die hardebaarde in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, soos Mi Casa, Jesse Clegg en Prime Circle, by die jaarlikse Huawei Joburg Day 947 konsert op te tree.

Jordan het op 28 April die oproep ontvang dat hy as eerste finalis in die kompetisie aangewys is.

Daarna het ‘n senutergende proses gevolg waar die radiostasie se luisteraars moes stem vir hul gunsteling.

Op 7 Mei het hy die goeie nuus gehoor dat hy die kompetisie gewen het en op 28 Mei gaan optree.

In die week het Jordan die kans gehad om vir die groot geleentheid te oefen saam met Jesse Clegg wat hom heelwat wenke en raad gegee het.

Hy het die geleentheid baie geniet en is baie opgewonde om deel van extravaganza te wees.

Daar word verwag dat meer as 500 000 mense na die virtuele vertoning gaan kyk en luister. “Ek het nog altyd gesê dat ek eendag op daardie verhoog gaan staan. Dis net awesome.”

Jordan is tans besig om aan sy eerste EP (extended play) album te werk en hoop om eersdaags sy volgende enkelsnit vry te stel.

Hy beskryf sy musiek as happy Indiepop met ‘n Suid-Afrikaanse klank.

Die gratis aanlyn konsert skop af om 16:00 op 28 Mei en kan aanlyn gekyk word by https://www.947.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button