Local newsNewsNews
Klipkerk-skildery ten bate van NG Welsyn
Die Klipkerk in Vereeniging is pragtig en histories. At Botha is bekende akteur en skilder. Bring die twee bymekaar en siedaar ... 'n meesterstuk.
At het goedhartig ingestem om dié pragtige kerk vir die NG Welsyn in Vereeniging te skilder. Die skildery is nog in wording, maar wanneer die laaste afronding klaar is, sal die kunswerk opgeveil word ten bate van die welsyn.
Ons wag nou in spanning vir die finale produk, maar hier is solank ‘n voorsmakie oor die vordering.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
