Local newsNewsNews

Winter Angels – Groot sukses. Brei voort asb!

Die afgelope ses maande het 74 mense van regoor Suid-Afrika die breinaalde en hekelpenne laat klik.

VANDERBIJLPARK. – Die Winter Angels projek onder leiding van Jeanette Steyn Nortjé is in Augustus 2020 geloods.

Die doel was om truie, musse en serpe vir kinders te brei en dit voor die winter uit te deel.

Vaalweekblad het twee maal oor die projek berig met goeie resultate. Jeanette sê van die laaste truie wat sy ontvang het was van ‘n vrou van Sasolburg wat een van die artikels gebêre het.

Jeanette Steyn Nortjé en Ans Marais met van die truie wat gebrei is. Die twee dames het, onder andere, al die pakkies opgemaak. Tannie Ans is ook een van die mense wat truie gebrei het. Foto: Gerda Bruinette

Die afgelope ses maande het 74 mense van regoor Suid-Afrika die breinaalde en hekelpenne laat klik.

Truie, serpe en mussies is van Pretoria in die noorde tot uit Porterville aan die Weskus ontvang.

Truie is ook met groot liefde vanaf Windhoek in Namibië aangestuur.

Jeanette sê sy is baie dankbaar vir elkeen wat ‘n bydrae gelewer het.

Sy het ook die Rotary Klub van Vanderbijlpark bedank wat R8 000 bygedra het tot die projek.

Daarmee is wol gekoop wat dan onder mense versprei is wat wou brei, maar nie die wol kon bekostig nie.

Meer as 60% van die breiers het egter wol uit hul eie sak gekoop.

Die gebreide goed is in 167 pakkies opgemaak, elkeen met ‘n trui, ‘n mus en ‘n serp.

Op Vrydag, 29 Mei is die pakkies toe volgens ‘n vooraf bepaalde lys aan verteenwoordigers van sewe instansies oorhandig.

Tydens die oorhandiging by die NG kerk Oospark het Jeanette gesê die Winter Angels projek gaan voort.

Sy het ‘n beroep op mense gedoen om asseblief aan te hou met brei. Hulle kort veral groter truie vir kinders tussen 8 en 18 jaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button