Spaanse dans skouspel by ERT
Daar wag 'n sensoriese skouspel van kleur en klank vir teatergangers by die ERT op 5 Junie.
SASOLBURG. – Maak gereed vir ‘n Spaanse dans sensasie. Saterdag, 5 Junie 2021 is daar ‘n eenmalige vertoning van Recuerdos deur Compañia Sophia by die Etienne Rousseau Teater (ERT) in Sasolburg.
Die vertoning het in 2017 en 2019 opslae gemaak by die ERT, die Pieter Toerien Teater by Montecasino en by die Theatre on the Bay in Kaapstad.
Tans word daar hard geoefen aan gunstelinge uit die eerste produksie, maar daar wag ook ‘n paar nuwe verrassings op Spaanse dans aanhangers.
Die danse word weer uitgevoer deur Carli Olivier en die res van die Compañia Sophia dansers op maat van die bekroonde klasieke kitaarspeler, James Grace, se musiek teen die agtergrond van asemrowende onderwater fotografie deur Ilse Moore.
Vir ‘n nostalgiese terugblik na Recuerdos in 2017, kyk gerus hierna https://www.youtube.com/watch?v=dNXAh5hTA1E&t=289s.
Die vertoning begin om 15:30. Vir besprekings, stuur ‘n WhatsApp na 063 217 5147. 
