Local newsNewsNews

Snelweë in Gauteng ontaard in oorlogsone

Voorvalle waar petrolbomme na motoriste geslinger word en skerp voorwerpe in die pad geplaas word om voertuie tot stilstand te dwing, vind gereeld in Gauteng plaas en is aan die toeneem.

Mediaverklaring deur: Kobus Hoffman (VF Plus-LPW: Gauteng)

Die VF Plus eis dat die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko en die Gautengse polisiekommissaris, lt.-genl. Elias Mawela, dringend optree om die huidige vlaag van misdaad op Gautengse snelweë hok te slaan.

Die veiligheid van motoriste is ononderhandelbaar en slegs drastiese optrede deur die polisie sal ‘n einde aan die misdadigheid bring.

In die jongste voorval het ‘n groep betogers verlede Donderdag en Vrydagoggend langs die R59-snelweg buite Alberton in lang gras weggekruip en vragmotors en motors met petrolbomme en klippe bestook.

Twee vragmotors is getref wat ‘n botsing met twee motors veroorsaak het. Verskeie ander motors is ook deur petrolbomme getref. Betogers het ook die pad met brandende bande, bloekombome en stukke beton versper.

Die N4 en R104 tussen Pretoria-Oos en Bronkhorstspruit word veral geteiken deur moderne struikrowers wat skerp voorwerpe in die pad plaas om so motoriste tot stilstand te dwing en te beroof.

Motoriste wat gereeld in lang toue op snelweë beweeg, is dikwels onbewus van die gevare voor hulle en daarom moet die polisie en verkeerspolisie paaie vroegtydig afsper. Patrollies om verdagte optrede langs paaie te voorkom en skerp voorwerpe te verwyder, moet deurgaans plaasvind.

Die VF Plus het ook in sy skrywe daarop aangedring dat die LUR en polisiekommissaris moet toesien dat die polisie versterk word en met die nodige toerusting uitgerus word om hierdie misdadigheid op Gautengse snelweë hok te slaan.

Illustrasiefoto: Onluste op snelweë wat motoriste se veiligheid in gedrang bring moet stopgesit word,

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button