Local newsNewsNews

Warm en snoesig vir ‘n goeie doel

HTS Sasolburg het 'n Pajama en Pantoffel dag gehou om geld in te samel vir dankie-pakkies aan gesondheidswerkers.

SASOLBURG. –  Op Vrydag, 29 Mei 2021 het die personeel en leerlinge van HTS Sasolburg saamgespan vir ‘n projek om dankie te sê aan gesondheidswerkers.

Die personeel het in hul warmste kamerjasse, pantoffels en winter pajamas opgedaag, terwyl die leerlinge gewone klere en pantoffels aangehad het.

HTS Sasolburg wys hul gee om vir gesondheidswerkers. Foto: HTSSasolburg, Facebook

Dit het alles teen ‘n minimale fooi geskied. In die proses het hulle genoeg geld bymekaar gemaak vir 100 Vat-‘n-Breek-pakkies.

Die pakkies word tans opgemaak en bevat koffie, tuisgemaakte koekies, ‘n sjokolade en ‘n hout hartjie.

Hulle beoog om dit op 4 Junie by twee van die plaaslike instansies uit te deel waar gesondheidswerkers onverpoosd teen Covid-19 veg.

Nadine Marques en die skool se bestuurspan het saamgewerk om die projek van stapel te stuur.

“Die leerlinge het regtig baie moeite gedoen en almal het dit baie geniet. Ek dink ‘n paar van ons sou graag elke dag met ‘n japon wou kom werk,” het Nadine in ‘n telefoniese onderhoud vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button