Local newsNews

Hele dorp dalk ‘n paar dae sonder water – Rand Water se hooftoevoerpyp het gebars

Spanne is tans besig om die skade te ondersoek. Watertoevoer vanaf Rand Water sal vir die duur van die herstelwerk gesluit wees.

 

Mnr. Klippies Kritzinger, Uitvoerende bestuurshoof van die Golden Triangle Chamber of Commerce (GTCoC) het sakelui van die Vaaldriehoek pas ingelig dat Rand Water se hooftoevoerpyp na die Vanderbijlpark-reservoirs vanoggend (Donderdag 03 Junie 2021) gebars het.
Kritzinger sê hy het die boodskap van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit via Raadslid Peter Verbeek, ontvang.
Spanne is tans besig om die skade te ondersoek. Watertoevoer vanaf Rand Water sal vir die duur van die herstelwerk gesluit wees.
Die geskatte tydsraamwerk vir die voltooiing van die herstelwerk is in hierdie stadium onbekend.
Sakelui en inwoners word versoek om water die volgende paar dae spaarsaam te gebruik om die reservoirvlakke so lank as moontlik te handhaaf. Water moet slegs vir noodsaaklikhede gebruik word. Geen vul van swembaddens of besproeiing word gedurende die hersteltyd toegelaat nie.
Gemeenskappe wat geraak word, sluit alle dele van Vanderbijlpark, Bophelong, Tshepiso, Boipatong en die landbougebiede in-en-om Vanderbijlpark in.

Reservoir in Vanderbijlpark.

 

**************************************************************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button