Local newsNewsNews

Wees gereed vir beurtkrag-situasies

Winter het skaars begin of beurtkrag steek meer en meer sy kop uit.

Ons almal weet hoe groot impak dit op ‘n mens daaglikse bestaan kan hê, en boonop is hier in die Vaal altyd ekstra probleme met kragsituasies weens substasies wat probleme gee. Dit is dus belangrik om voorsorg te tref en veilig te wees.

Hier is ‘n paar belangrike punte om in gedagte te hou:

Skaf ‘n kragopwekker aan as jy finansiëel in staat is

Skaf solar-beligting vir buite in jou erf aan indien moontlik

Maak seker jou alarmstelsel is in werkende toestand en dat die battery reg is om in te skop wanneer daar ‘n kragonderbreking of  beurtkrag is.

Hou ‘n flits in jou motor sodat jy toegerus is as jy by ‘n stikdonker huis tuiskom (gelukkig het sommige selfone ook ‘n flitsfunksie).

Sorg dat noodnommers op jou foon is soos bv. buurtwag, polisie en mediese dienste.

Sorg dat jou selfoon, skootrekenaar ens. vol gelaai is voor geskeduleerde beurtkrag. As jy ‘n “power bank” het, hou hom ook vol gelaai vir as die beurtkrag langer aanhou as na verwagting of vir ‘n skielike kragonderbreking.

Skaf ‘n draagbare gasstofie aan indien jy nie reeds ‘n gasstoof het nie. Sodoende sal jy darem kan kos en koffie maak tot die krag weer aankom.

Hou gevriesde bottelwater in die vrieskas wat gebruik kan word om kos koel te hou tydens ‘n kragonderbreking.

Onthou dat alle elektriese drade steeds lewendig beskou word tydens kragonderbrekings. Sit alle konneksies eerder af tydens ‘n kragonderbreking.

Elektriese oplewing (power surge) kan groot skade veroorsaak. Daar is anti-elektriese oplewingtoestelle wat sal help om skade te verminder. 

Maak seker dat belangrike data ook elders gestoor word (soos wolk-gebaseerde rugsteen) dat indien ‘n rekenaar se hardeskuif beskadig word, belangrike data steeds elders beskikbaar is.

‘n Solar-sekuriteitslig sal ‘n goeie belegging wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button