Local newsNews

Pieter Marcato se musiekvideo, ‘Ek onthou jou’, pas vrygestel

Die liedjie vertel die storie van wanneer ‘n paartjie opbreek en probeer om aan te beweeg.

Die talentvolle musikant, Pieter Marcato, het onlangs sy enkelsnit EK ONTHOU JOU, vrygestel en nou volg die pragtige musiekvideo.

“Die liedjie vertel die storie van wanneer ‘n paartjie opbreek en probeer om aan te beweeg. Dis nie maklik nie, omdat hulle mekaar steeds sien by plekke in die dorpie waar hulle woon en boonop het hulle gemeenskaplike vriende,” vertel Pieter.

Die musiekvideo is deur Reinhard en Melissa Smit van Pioneer Productions vervaardig en Melissa het met die konsep/idee vorendag gekom. “Die storie handel oor ‘n paartjie wie se verhouding verby is, en hoe hulle terugdink aan al die herinneringe,” sê Pieter.

Die video is by ‘n woning in Centurion Golf Estate geskiet en die twee akteurs in die video is Marissa van Staden en die akteur, Neil Sharim (Bakgat-faam).

“Dit is vir my ‘n groot voorreg om in Pieter se video te wees. Ek en Pieter kom al ‘n lang pad en ek geniet sy musiek. Hy is baie talentvol en ek wens hom net die beste toe ,” vertel Neil.

Die musikante in die video is Jonny Late (elektriese kitaar), Len Botha (baskitaar) en Marguerite Swart (dromme).

Kyk die video hier:  https://youtu.be/fIHDX2flpmA

SOSIALE MEDIA SKAKELS

Facebook:https://www.facebook.com/PieterMarcato/?ref=page_internal

Instagram: @pietermarcato

Twitter: @pietermarcato

 


************************************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button