NewsNewsSportSport

Covid knip Valke-klubrugby se vlerke

VANDERBIJLPARK. – Dit was net ‘n kwessie van tyd voordat Covid klubrugby vir 2021 sou kelder.  Die Valke Rugbyunie het die harde maar regte besluit geneem om alle klubrugby tot 12 Julie 2021 op te skort. Ettienne de Lange, hoof uitvoerende beampte van die Valke Rugbyunie, het Vrydag na ‘n vergadering op 10 Junie deur …

VANDERBIJLPARK. – Dit was net ‘n kwessie van tyd voordat Covid klubrugby vir 2021 sou kelder.  Die Valke Rugbyunie het die harde maar regte besluit geneem om alle klubrugby tot 12 Julie 2021 op te skort. Ettienne de Lange, hoof uitvoerende beampte van die Valke Rugbyunie, het Vrydag na ‘n vergadering op 10 Junie deur die unie se uitvoerende komitee in ‘n skywe bevestig dat die skerp toename in Covid-gevalle in die Ekurhuleni en Sediben dié besluit genoodsaak het. Geen liga of vriendskaplike wedstryde, oefening of in persoon vergaderings sal toegelaat word nie. Daar sal op 13 Julie aan die klubs gekommunikeer word wat die pad vorentoe sal behels. Alle junior klubrugby is ook tot 15 Augustus opgeskort. Skolerugby het reeds in die slag gebly. Senior, vroue, en o.20 provinsiale rugby sal steeds onder streng Covid-maatreëls voortgaan. *Daar word intussen bespiegel dat die Cravenweek en Grant Khomo nasionlae jeugweke in die Oktober-skoolvakansie sal plaasvind en dat dit moontlik in ‘n Noordelike en Suidelike-kompetisie opgedeel kan word om koste te bespaar.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button