Local newsNewsNews

Uitstekende resultate vir plaaslike ballerinas

Baie geluk aan die drie ballerinas met hul uitstekende eksamen uitslae.

VANDERBIJLPARK. – Drie van die Vaal se ballerinas het onlangs uitstekende resultate in die Cecchetti ballet eksamen behaal.

Vicky Klopper het ‘n onderskeiding behaal, terwyl die susters Annemieke en Deone Brits albei Meriete gekry het.

Al drie het die moeilike en gevorderde Advanced 1 kursus voltooi.

Hul dansinstruktrise, Riëtte Odendaal van die OnPointe Ballet Studio het gesê hulle het spesiale toestemming gekry dat die drie die eksamens so vroeg in die jaar kon aflê.

Hulle moes die eksamens verlede jaar Oktober gedans het, maar dis gekanselleer weens die Covid-19 inperkings.

Al drie is hierdie jaar in Matriek en sou nie Oktober kon deelneem nie, weens die matriek eindeksamens.

“Ons was gelukkig dat hulle dit vroeër kon doen. In 2020 was hulle baie op hulself aangewese om vir die groot eksamen voor te berei.”

“Ons het maar video’s oor en weer gestuur en selfs zoom-klasse ingewerk.

“Die ideaal is egter persoonlike klasse. Hulle moes baie hard werk en oefen,” het Riëtte gesê.

Vicky neem al langer as 12 jaar ballet en sal graag na skool wil aangaan daarmee.

“Ek dink Vicky het begin nog voordat sy skool toe is en die tweeling toe hulle so 7/8 jaar oud is,” vertel Riëtte wat duidelik baie trots op haar leerlinge is.

Die trio is op die OnPointe Ballet Studio se Facebookblad soos volg gelukgewens:

“Julle is so ‘n groot inspirasie vir soveel klein ballerinas wat altyd hier by Kunstedraai rond hardloop. You would be surprised at who is watching your journey and being inspired by it.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button