Local newsNewsNewsSportSport

Landloop-aksie satisfaksie

VANDERBIJLPARK. – In ‘n tyd waar eetlepels Covid soos kasterolie in die ou dae uitgedeel word, het die naweek se dosis landloop soos stroop afgegaan. Met skolesport, klubrugby en nou ook universiteite sport wat weens die derde golf van die knaende Covid-pandemie in die slag gebly het, het Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se landloopliga-byeenkoms wat Saterdag …

VANDERBIJLPARK. – In ‘n tyd waar eetlepels Covid soos kasterolie in die ou dae uitgedeel word, het die naweek se dosis landloop soos stroop afgegaan. Met skolesport, klubrugby en nou ook universiteite sport wat weens die derde golf van die knaende Covid-pandemie in die slag gebly het, het Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se landloopliga-byeenkoms wat Saterdag op die VUT Isak Steyl-stadion plaasgevind het, vir ‘n stukkie normaliteit gesorg. AVT se liga-byeenkomste het die afgelope twee maande groot belangstelling onder langasems gelok. Weens die feit dat verlede jaar se landloopliga landwyd weens Covid-19 gekanselleer is, is die landlopers weer honger om deel te neem. Saterdag se byeenkoms in Vanderbijlpark was die vierde een in ‘n reeks van sewe liga-byeenkomste. Die plaaslike atlete wat kwalifiseer, staan ‘n kans om AVT by Atletiek Suid-Afrika se nasionale kampioenskap in Amanzimtoti te verteenwoordig. Om te kwalifiseer moet ‘n atleet aan drie van die liga-byeenkomste deelneem, aan die interprovinsiale byeenkoms deelneem en dit voltooi en laastens die AVT-landloopkampioenskap voltooi en die kwalifiserende tye hardloop. Die datums vir die oorblywende byeenkomste is: 26 Junie: HS Transvalia 3 Julie: Emerald Casino 21 Augustus: AVT Kampioenskap 18 September: ASA Kampioenskap, Amanzimtoti.

Aksie tydens Atletiek Vaaldriehoek se ligabyeenkoms wat op 12 Junie in Vanderbijlpark plaasgevind het. Foto’s: Ettienne van Rensburg

Aksie tydens Atletiek Vaaldriehoek se ligabyeenkoms wat op 12 Junie in Vanderbijlpark plaasgevind het. Foto’s: Ettienne van Rensburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button