Vaal se hospitale is onder druk
VANDERBIJLPARK. – Maak nie saak waar jy in die Vaaldriehoek gaan nie, die kans is bitter skraal dat jy ‘n oop hospitaalbed gaan vind. Henda van der Merwe, Matrone van die Emfuleni Mediclinic, het vanoggend aan Vaalweeblad bevestig dat die hospitaal en sy noodgevalle-afdeling onder druk verkeer. “Maak nie saak waar jy gaan nie, al …

VANDERBIJLPARK. – Maak nie saak waar jy in die Vaaldriehoek gaan nie, die kans is bitter skraal dat jy ‘n oop hospitaalbed gaan vind. Henda van der Merwe, Matrone van die Emfuleni Mediclinic, het vanoggend aan Vaalweeblad bevestig dat die hospitaal en sy noodgevalle-afdeling onder druk verkeer.
“Maak nie saak waar jy gaan nie, al die hospitale in die Vaaldriehoek is vol”, het sy gesê. Dit is ook deur ander hospitale in die Vaaldriehoek beaam. Die Emfuleni Mediclinic se deurry Covid-toetsstasie, by die ou Putt-Putt baan langsaan die HTS Carel de Wet, was ‘n miernes van aktiwiteit.
Volgens ‘n suster by die toetsstasie het hulle glad nie verwag om soveel toetse te doen nie. Voertuie het tou gestaan voor die toetsstasie. Volgens die nuutste Covid-getalle is daar 13 155 nuwe gevalle in Suid-Afrika aangemeld. 8 640 van die nuwe gevalle is in Gauteng aangemeld, en bring die totale aantal positiewe gevalle in Gauteng tot 553 908 te staan.













