Local newsNewsNews

Loslitdag 2021 – Ondersteun Eureka Skool

Maak 'n verskil. Ondersteun Eureka Skool en koop 'n plakker vir Loslitdag 2021 op 3 September.

VEREENIGING. – Loslitdag 2021 word hierdie jaar gevier op 3 September.

Hierdie jaar se tema is “Courage + Kindness”.

Die dag word sedert 1995 jaarliks gevier om meer bewusmaking van persone met gestremdhede te skep.

Hierdie jaar is daar ook digitale plakkers beskikbaar. Foto: Facebook

Eureka Skool het op hul facebookblad gevra dat mense die dag sal ondersteun deur hul plakkers by https://casualday.co.za/eureka.school aan te koop en dan op 3 September te dra.

Daar is ook verskeie ander items wat vooraf op die webtuiste bestel kan word.

Dit sluit armbande, pette en T-hemde in.

Hierdie jaar is daar ook digitale plakkers te koop wat verpersoonlik word.

Jy verskaf jou naam en die plakker word aan jou uitgemaak.

Deur aankope op die spesifieke skakel te doen, ondersteun jy dan ook Eureka Skool, aangesien ‘n gedeelte van die verkope na die skool gaan.

Skakel gerus vir Anna-Marie op 083 440 1025 vir meer besonderhede of om fisiese plakkers te bestel.

Die koste per plakker beloop R20.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button