Rotary skenk etes op Vadersdag
Dis nie altyd lekker om op Vadersdag aan diens te wees nie, maar Vanderbijlpark SAPD se lede is darem so bietjie bederf.
VANDERBIJLPARK. – Sondag, 20 Junie was Vadersdag, maar nie alle pa’s was so gelukkig om die dag saam met hul gesinne deur te bring nie.
Met dit in gedagte en terwyl die winterkoue nou byt, het Jackie van Waveren van die Rotary Klub van Vanderbijlpark besluit om die polisielede aan diens by die Vanderbijlpark polisiestasie ‘n bietjie te bederf.
Kaptein Charl du Toit het namens sy span die bakkies kerrie en rys, bottels koeldrank en lekkergoed (in die vorm van vriendskapsarmbandjies) ontvang.
Die polisielede aan diens het die gebaar baie waardeer.
Jackie het gesê dis altyd spesiaal as hulle op die manier kan uitreik.
Sy hoop al die lede wat Sondag aan diens was het hul middagete geniet.
