Local newsNewsNews

Ben Kruger herdenkingsdiens uitgestel

Ben Kruger se herdenkingsdiens sou op 23 Junie 2021 plaasvind, maar is vir eers uitgestel tot verderder kennisgewing.

Die herdenkingsdiens vir die geliefde Suid-Afrikaanse akteur, Ben Kruger, is vir eers uitgestel.

Die aankondiging is gister op die amptelike Ben Kruger facebookblad gemaak.

Die familie het nie spesifieke redes vir die uitstel gegee nie, net gesê dat dit weens “skielike en onvoorsiene omstandighede is”.

Op die facebookgroep, Ben Kruger DIE LEGENDE – THE LEGEND word daar gesê dat Bens se vrou, Cheryl, ook nou Covid het en word daar gevra dat mense vir haar herstel sal bid.

Ben is op 26 Mei 2021 aan covid oorlede. Hy was 64.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button