Local newsNewsNews
Apie geskok by oop kragboks in Drie Riviere
VEREENIGING. - Die beamptes van die plaaslike Diere Beskermings Vereniging (DBV) het gister tot die redding van 'n wilde apie gekom wat aan 'n oop kragboks in Drie Riviere gevat en geskok is.
Die apie was ernstig beseer en sy handjies is ook in die proses gebrand. Weens die apie se beserings is hy onmiddelik na die naaste veearts geneem vir behandeling.
Die veearts het egter besluit dat die beserings te ernstig was en die apie is uitgesit om hom van verdere pyn en lyding te spaar. Dit is net nog ‘n bewys dat die verval van die omgewing ernstige gevaar vir mens en dier inhou.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
