NationalNewsNews

Bekende Vaal-sakeman oorlede

Die welbekende en geliefde sakeman, mnr. Edward Richard Dixon (bekend as Richard) is op die oggend van Vrydag, 25 Junie weens Covid-19-verwante oorsake oorlede.

VEREENIGING. – Dixon was direkteur van die familiebesigheid Dixon Batteries wat in 1955 deur sy ouers Edward Leslie “Les” Dixon en Marble Dixon gestig is.

Hy werk sedert Maart 2020 van die huis af maar was volgens sy seun Russell tot en met sy dood aktief by die onderneming betrokke.

Richard Dixon (links) met sy seun Russell Dixon (regs). Foto: Facebook

Dixon was ’n bekende inwoner van die Vaaldriehoek wat in verskillende sirkels beweeg het en vriende gemaak het sover as wat hy gegaan het.

Mense wat hom geken het beskryf mnr. Dixon as ’n “omgee-mens” met ‘n hart van goud, wat nou by liefdadigheid in die gemeenskap betrokke was en in diens van die gemeenskap gestaan het.

Dixon was vir baie jare by die direksie van Avondrus Ouetehuis, sowel as die Sedibeng Children’s Haven en die St. Luke Presbyterian Church in Vereeniging betrokke.

Huldeblyke stroom op sosiale media vir sy familie in.

Hy word oorleef deur sy vrou Wendy, kinders en aangetroude kinders, Jenny en Doug Beere, Sue en Desmond Pyle, Russell en Louise Dixon en tien kleinkinders en sy troeteldiere Chelsea en Mia op wie hy versot was. Sy broer, mnr. Dave Dixon is reeds oorlede.

*Volledige berig in die gedrukte Vaalweekblad van 30 Junie.

Dixon Batteries se sakeperseel in Nuffieldstraat in Vereeniging. Foto: Google Earth

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button