Sasolburgers: Hier’s nou iets om mee te spog!
Dit laat dink mens terug aan die ou dae toe stadsrade nog hul skuld betaal het...

Iwoners van Sasolburg, Vaalpark, Zamdela en omstreke, baie geluk! Julle woon in een van min munisipaliteite wie se maandelikse rekening by Eskom op datum is! Vaalweekblad het vandag hierdie dokument van Eskom onder oë gehad. Dit is uitgereik deur Bibi Bedir, senior bestuurder: Kliëntediens van Eskom. Dit lui:
“Metsimaholo Local Municipality: Account of good standing. This is to confirm that Metsimaholo Local Municipality’s Eskom accounts are paid on time and in full. The current account is due on 1 July 2021.”
Met talle Suid-Afrikaanse munisipaliteite, insluitend Emfuleni wat miljoene rand by Eskom agterstallig is, laat dit mens dink aan die goeie ou dae toe stadsrade nog hul maandelikse skuld betaal het!
*************************************************************************************************
