LifestyleLocal newsNewsNewsTravel

Vadersdagwedstryd – Daar is nog tyd!

Jy  het nog tot Sondag, 27 Junie kans om in te skryf vir Vaalweekblad se Vadersdagwedstryd. Skryf nou in en staan 'n kans om 'n naweek vir twee op die mooie Africa Silks Plaas buite Graskop in Mpumalanga te wen.  Die prys is geldig vir 'n jaar vanaf die wenner bekend gemaak is.

Die Africa Silks Plaas is 23,5 km buite Graskop geleë. Die omgewing is prentjie mooi en daar is baie natuur- en historiese besienswaardighede in die gebied.

Op die plaas word daar met avokadopere, makadamias en sywurms geboer. Ja, sywurms! Die sy word by die Africa Silks Wewery in Graskop gespin waar die sy-produkte geweef word.

Die plaas is ideaal vir ‘n familievakansie of daardie romantiese wegbreek vir twee en spog onder andere met ‘n swembad, restaurant en kroeg-kuierhoek bekend as Voggies Bar.

Enige tyd van die jaar is die beste tyd om op die plaas te oornag. Met al die plantasies in die omgewing is nie eens die winter vaal nie.

Die weer hou gereeld verrassings in, so pak maar ‘n ekstra baadjie as jy in Desember gaan kuier en ‘n stel somersklere as jy in die winter ‘n draai maak.

Daar is Laeveld warm sonnige dae waar die son ‘n bietjie dooierus vat en dan is daar die stil dae. Die dae wanneer die berge die wit-mis-kombers snoesig oor die vallei trek en almal rustig rondom braaivleis vure of potjiekospotte kuier.

Vir meer inligting gaan loer gerus in by die Facebookblaaie, @AfricaSilksFarm en @MulberryLaneSuites. Hulle bied tans 50% afslag op akkommodasie vir Junie en Julie. Skakel hulle gerus by 013 767 1950.

Hoe skryf jy in?

WhatsApp ‘n foto van jou en jou pa of man na 076 454 9256 en vertel ons in minder as 60 woorde hoekom jou pa of man verdien om te wen.

As jou man of pa reeds oorlede is, kan jy steeds deelneem. Stuur vir ons sy foto en vertel ons watter soort man en pa hy was.

Die sluitingsdatum is 27 Junie.  Die wenner sal op 7 Julie bekend gemaak word.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button