Local newsNewsNewsSportSport

Vyf in ‘n ry vir Valia

VANDERBIJLPARK. – Die Hoërskool Transvalia het onlangs geskiedenis gemaak toe hy vir die vyfde agtereenvolgende jaar die Vaaldriehoek se Hoërskole-gholfliga gewen het. Was dit nie vir die Covid-19 grendeltydperk in 2020 nie, kon dit dalk ses jaar in ‘n ry gewees het. Valia het met 136 punte voor hul naaste teenstander, die Hoërskool Dr Malan …

VANDERBIJLPARK. – Die Hoërskool Transvalia het onlangs geskiedenis gemaak toe hy vir die vyfde agtereenvolgende jaar die Vaaldriehoek se Hoërskole-gholfliga gewen het. Was dit nie vir die Covid-19 grendeltydperk in 2020 nie, kon dit dalk ses jaar in ‘n ry gewees het.
Valia het met 136 punte voor hul naaste teenstander, die Hoërskool Dr Malan geëindig, met die Hoërskool Overvaal in die derde plek. Valia kwalifiseer sodoende vir die vyfde jaar in ‘n ry vir die finaal van die Noordvaaltoernooi asook vir die uitspele teen die Johannesburgse wenners om te bepaal watter skool Gauteng-Suid by die SA Hoërskoletoernooi in Port Elizabeth gaan verteenwoordig.
Valia se goeie vorm was reeds duidelik sigbaar gedurende die jaarlikse NWU Super-16 toernooi op Koro Creek waar hy ’n skaflike tweede plek behaal het naas die Hoërskool Menlopark van Pretoria teen wie hulle met 2 punte verloor het. Aiden Leeb verdien ‘n klop op die skouer nadat hy as nommer 1-hoërskolespeler in die Vaaldriehoek geëindig het.
Hy, tesame met Henre Proctor (2de), Martin Papworth (3de), Damian Araujo (4de) en Wihandre Kruger (7de) het die Vaaldriehoekse hoërskole A-span gehaal, terwyl Anton van Dam (10de) asook Christopher Smith (12de) die Vaaldriehoekse hoërskole B-span gehaal het. Hierdie spelers gaan die Vaaldriehoek by die Suid-Afrikaanse Provinsiale Skolekampioenskap in September vanjaar op die Heron Banks Gholfbaan verteenwoordig.
Daar bestaan weens die Covid-19 pandemie nog onsekerheid of en wanneer die kampioenskap gaan plaasvind.

Die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark se gholfspan is vir die vyfde agtereenvolgende jaar as die Vaaldriehoek se gholfliga-wenner gekroon. Die span is agter van links: Anton van Dam sr. (spanbestuurder), Anton van Dam jr., Du Randt Theunissen, Michael Lamont, Christopher Smith, Louis Lamont (spanbestuurder), Henru Barnard, Willie Strydom, Markus Marais en Walter Berrington (afrigter). Voor van links is: Wihandre Kruger, Damian Araujo, Aiden Leeb (kaptein), Henre Proctor en Martin Papworth.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button