Onluste en plundery: Weermag word ontplooi
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê hy is besig om lede te ontplooi na gebiede wat erg deur onluste en plundery geraak word.
Volgens ‘n verklaring wat Maandag 12 Julie deur brig. genl. Mafi Mgobozi, die weermag se direkteur van kommunikasie, uitgereik is het die weermag reeds begin om lede na gebiede te ontplooi wat deur die gesamentlike en operasionale intelligensiestruktuur (NatJoints) geïdentifiseer is in Gauteng en KwaZulu/Natal.
Hulle sal wetstoepassingsagentskappe soos die polisie help om wet en orde te handhaaf en ‘n einde te bring aan die weteloosheid en plunder wat al vir dae lank duur.

Volgens Mgobozi sal die troepe ontplooi word sodra die nodige onplooiingprosesse in plek is.
Volgens Mgobozi sal die hoeveelheid soldate en die duur van hul onplooiing bepaal word deur die situasie in die spesifieke gebied en aanbeveling van plaaslike wetstoepassingsagentskappe.
Mgobozi het benadruk dat die ontplooiing gedoen is om ’n veilige werksomgewing vir wetstoepassers te skep waaronder wetstoepassers hul werk kan doen.
Mgobozi het benadruk dat die weermag binne die raamwerk van die wet en die grondwet sal optree.
Die weermag het onderneem om tereugvoering te gee oor hoe die situasie ontvou.
