NationalNews

Vaal Mall bly vandag gesluit – Dinsdag, 13 Julie 2021

Die besluit is geneem te midde van kommer oor moontlike protes-aksie in die Vaaldriehoek

Vaal Mall-winkelsentrum  in Vanderbijlpark het vanoggend bekendgemaak dat hul bestuur besluit het om die sentrum vandag, Dinsdag, 13 Julie 2021, gesluit te hou as voorsorgmaatreël vir moontlike protes-optrede in die Vaaldriehoek.

Vaal Mall was gistermiddag vanaf 13H00 gesluit as voorkomende maatreël nadat klein groepe oproermakers gister in sommige Vaaldriehoekse sakegebiede aktief was.

Hou Vaalweekblad se webwerf en Facebook-profiele dop vir inligting oor wanneer Vaal Mall weer heropen.

Die Vaaldriehoek het gister lig daarvan afgekom en minimale skade is in die sakesentrum aangerig in vergelyking met die geweldige plundering, diefstal en geweld wat elders in Gauteng en KwaZulu-Natal voorgekom het.

Tans is daar geen rede vir paniek in die Vaaldriehoek nie, maar hou Vaalweekblad se sosiale media dop vir enige nuus oor ‘n opflikkering van onluste wat dalk mag voorkom.

Lees Vaal Mall se mediaverklaring hier onder:

Dear Shoppers, We are closed today (Tuesday, 13 July 2021) for your safety.

This decision was taken amidst concerns of possible protest action in the Vaal, and in consideration of our tenants and their staff’s safety. As the situation unfolds, we will keep you updated.

We apologise for any inconvenience and are working on re-opening safely as soon as possible.

Regards Vaal Mall Management 

  ************************************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button