Vereeniging was in 1978 die tuiste van Suid-Afrika se oudste inwoner in daardie stadium. Hy was mnr. George Alfred Sigi, wat doerie jare in Avondrus-ouetehuis gewoon het.
Mnr. Sigi is in 1868 gebore en kon ‘n geldige geboortesertifikaat as bewys van sy hoë ouderdom toon. Hy het in Maart 1978 ‘n volle 110 geword.
Lees in Vaalweekblad se 55 Jaar herdenkingsboek, Legendes en ellendes uit die Vaal, wat sy “geheime resep” was om so ‘n hoë ouderdom te kon bereik.
Die sagteband-koffietafelboeke is tans teen ‘n Kersfees-afslagprys van R250 beskikbaar, wat aflewering in die Vaaldriehoek insluit.
Bestel jou boek deur jou naam en adres na 083 246 0523 te WhatsApp of SMS.

*****************************************************************************************************************************
