Vaaldriehoekse hengelaars is steeds geskok na die afsterwe van een van die gebied se ywerigste “vistermanne”, mnr. Boeta Lewis, op 19 Julie.
Boeta was onder andere eienaar van Goldstar Fishing Dips en Awesome Baits.
Vriende is welkom om vanmiddag, Saterdag 24 Julie, tusssen 14:00 en 16:00 voor Varswater Paradys Hengelwinkel in die parkeerarea in Shakespearestraat, Vanderbijlpark bymekaar te kom en ‘n kersie te kom aansteek of ‘n blom of ruiker te kom neersit ter nagedagtenis aan ‘n wonderlike vriend.
Ds. Willie Rothman sal om 15:30 ‘n paar woorde sê en ‘n gebed doen.
Alle Covid-reëls geld, dra asseblief dus jul maskers.
Vaalweekblad se innige simpatie aan Boeta se familie en wye vriendekring.
‘n Volledige berig sal komende week in Vaalweekblad se papieruitgawe gepubliseer word.

