LifestyleNews

Dorp bid by hospitaal-ingang vir siekes en voorstelinie-personeel

Die ramshoring is geblaas en lofliedere het weerklink toe inwoners van Vanderbijlpark Vrydagaand, 16 Julie, voor Cormed-hospitaal bymekaargekom het vir 'n gebedsaand

Buiten dat Covid-19-pasiënte in gebed opgedra is, het pastoor Nico van As van Kompas-gemeente ook voorbidding gedoen vir Suid-Afrika se mediese werkers, op wie se skouers daar tans ‘n swaar en stresvolle taak rus. Daar is in besonder gebid vir die Vaaldriehoek se dokters, verpleegpersoneel, PathCare, Lancet, Ampath, plaaslike ambulansdienste, ResCom en ander sekuriteitsdienste, die SA Polisiediens en vir mense wat Covid-19 positief is en by hul huise of in hospitale aansterk. Deelnemers aan die gebedsaand, wat voor die hospitaal se ingang plaasgevind het, het streng by Covid-regulasies gehou en het na die kort seremonie uitmekaar gegaan. Verskeie motoriste het ook in die straat, wat spesiaal vir die aand gesluit is, langs hul voertuie gestaan en saamgebid.

 

*************************************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button