LifestyleNews

Help ambassadeur Zané om minderbevoorregte meisies te ondersteun

Zané en haar ma, mev. Jacqueline Britz, nooi die gemeenskap van die Vaaldriehoek om doekies vir die projek te skenk

VEREENIGING. – Klein Zané Britz (6) van Vereeniging het reeds groot naam gemaak in talle modelwedstryde, maar nou is sy besig met een van haar edelste projekte nóg. As finalis in die Miss Northwest-wedstryd neem sy as ambassadeur deel aan ‘n gemeenskapsprojek om sanitêre doekies vir minderbevoorregte meisies in te samel.

Baie tienermeisies in verarmde gebiede mis gereeld skool tydens hul maandelikse siklus en bly dan tuis omdat hulle nie die nodige sanitêre beskerming kan bekostig wat ‘n meisie of vrou gedurende haar menstruasie nodig het nie.

Zané en haar ma, mev. Jacqueline Britz, nooi die gemeenskap van die Vaaldriehoek om doekies vir die projek te skenk, wat Zané dan namens die Vaaldriehoek vir die projek sal indien. Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak, is welkom om Jacqueline by 074 289 3333 te kontak vir meer inligting.

Die pragtige jong skoonheid uit die Vaaldriehoek, Zané Britz (6), neem deel aan ‘n gemeenskapsprojek om sanitêre doekies vir minderbevoorregte meisies in te samel

********************************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button