Valie gereed om setperke te oorheers
VANDERBIJLPARK. – Die volgende generasie gholfspelers staan gereed om by die “ou manne” van die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark se gholfspan oor te neem. Een van die groentjies wat sy kleim begin afsteek is Christopher Smith wat onlangs as kaptein vir die Vrystaat o.14-gholfspan gekies is. Die span sou 13 en 14 Julie aan ‘n …
VANDERBIJLPARK. – Die volgende generasie gholfspelers staan gereed om by die “ou manne” van die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark se gholfspan oor te neem.
Een van die groentjies wat sy kleim begin afsteek is Christopher Smith wat onlangs as kaptein vir die Vrystaat o.14-gholfspan gekies is.
Die span sou 13 en 14 Julie aan ‘n Interprovinsiale Toernooi in Kuilsrivier deelgeneem het, maar dit is weens Covid-regulasies tot later vanjaar uitgestel.
Hy was ook uitgenooi om op 12 Julie aan die Prentice Memorial Trophy op dieselfde baan deel te neem. Dit is die oudste junior toernooi in Suid- Afrika wat in 1921 vir die eerste keer plaasgevind het.
Slegs die 50 beste o.14-spelers neem aan die toernooi deel. Hy het ook weens die Covid-inperking die WP Junior Ope misgeloop.
