News

Wêreldnuus: Ma gee geboorte aan 9 babas – ‘n nuwe wêreldrekord

26-jarige ma maak wêreldnuus met 4 seuns en 5 dogters

 

Die Britse Daily Mail het vandag eksklusief aangekondig dat die wêreldrekord vir die vrou wat geboorte aan die meeste meerlinge gegee het, onlangs oortref is. Die koerant berig dat mev. Halima Cisse (26) van Casablanca, Marokko, op 5 Mei vanjaar geboorte aan 9 babas gegee het. Die babas, vier seuns en vyf dogtertjies, is nog in broeikaste in die hospitaal en sal oor sowat 2 maande ontslaan kan word.

Die vorige wêreldrekord is gehou deur mev. Nadya Suleman, wat in 2009 geboorte aan 8 babas gegee het.

‘n Suid-Afrikaanse vrou het vroeër vanjaar beweer dat sy geboorte aan ‘n tienling gegee het, maar haar storie is later vals bewys nadat deeglike mediese ondersoeke bevind het dat sy nie onlangs geboorte gegee het nie. Daar was ook geen hospitaalrekord om haar bewering te staaf nie en haar sogenaamde 10 babas was ook nêrens te vinde nie.

 

Halima Cisse en haar man, Kader Arby, met een van hul nege babas.
Agt van die egpaar se nege babas. Foto’s: Daily Mail

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button