Local newsNewsNewsSportSport

Vier Valies kwalifiseer vir Wêreld Juniors

VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek se atletiekfabriek spog met twee uitvoerprodukte wat van 17-22 Augustus in Kenia aan die Wêreld Junior (o.20) Atletiek Kampioenskap gaan deelneem. Atletiek Vaaldriehoek (AVT) loop breëbors rond nadat Jason ‘Bullet’ Bowers en Renier de Villiers onderskeidelik vir die 300m en 800m gekwalifiseer het. Nog twee oud-Vaaldriehoekers wat die span gehaal het, …

VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek se atletiekfabriek spog met twee uitvoerprodukte wat van 17-22 Augustus in Kenia aan die Wêreld Junior (o.20) Atletiek Kampioenskap gaan deelneem.
Atletiek Vaaldriehoek (AVT) loop breëbors rond nadat Jason ‘Bullet’ Bowers en Renier de Villiers onderskeidelik vir die 300m en 800m gekwalifiseer het.
Nog twee oud-Vaaldriehoekers wat die span gehaal het, is Jada van Staden (400m-hekkies en 4x400m) en Marione Fourie (100m-hekkies).
Jada het haar laerskoolloopbaan in die Vaaldriehoek voltooi.
Fourie, ‘n oudleerling aan die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark, het onlangs vir die Wêreld Junior Atletiek Kampioenskap in Kenia gekwalifiseer. Sy is tans die SA Junior-, SA Studente- en SA Senior-kampioen in die 100m-hekkies.

Jason Bowers in aksie. Bowers is ‘n oudleerling van Vereeniging Gimnasium en het pas gekwalifiseer om aanstaande maand aan die Wêreld Junior Atletiek Kampioenskap in Kenia deel te neem. Foto: David Papenfus
Renier de Villiers, oudleerling van die HS Tranvalia in Vanderbijlpark het vir die Wêreld Junior Atletiek Kampioenskap in Kenia gekwalifiseer.
Die oud-Valie, Jada van Staden, gaan ook eersdaags aan die Wêreld Junior Atletiek Kampioenskap in Kenia deelneem.
Marione Fourie, oudleerling van die Hoërskool Driehoek, het onlangs vir die Wêreld Junior Atletiek Kampioenskap in Kenia gekwalifiseer. Sy is tans die SA Junior-, SA Studente- en SA Senior-kampioen in die 100m-hekkies.. Foto: Marius Nortje

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button