Heleen Dreyer van Greunen het Vrydagoggend op dié ongewone toneeltjie afgekom nadat haar dogtertjie 'n speelgoedhaai oornag in 'n bak water vergeet het.
Die Vaaldriehoek het vanaf 20 tot 25 Julie sy laagste temperature tot dusver hierdie winter aangeteken. Daar was reeds vanaf Maandag 19 Julie ‘n byt in die lug, wat toenemend kouer geword het. Teen Vrydag, 23 Julie, was dit so koud dat die hele gebied gebibber het. Vaalweekbladlesers het talle foto’s ingestuur wat toon dat die kwik tot ver onder vriespunt gedaal het.
Magda van den Berg het laat weet dat hulle op 23 Julie -8 grade op die hoewes by Riversdal gemeet het. Deon Swart van Meyerton het om 07:06 Vrydagoggend -9.5 in Meyerton aangeteken. Vanessa Pretorius het -11 in Vereeniging gemeet en Laurie Poolman -11.5 in Parys.
Tussen Deneysville en Vereeniging, op pad na Groenpunt, het die kwik tot -13 gedaal. Odette de Kock het ook -13 by hul perdestalle aan die buitewyke van Sasolburg gemeet.
Adelle Gordon en talle ander inwoners van die Vaaldriehoek rapporteer dat hul geisers en waterpype gebars het. ‘n Vereenigingse loodgieter het laat weet dat hy teen 10:00 Vrydagoggend reeds versoeke van agt huisbewoners af gekry het om hul gebarste geisers en waterpype te kom vervang.
Volgens die SA Weerdiens sal dit die hele week nog koud bly met minimumtemperature van onder 0 grade, maar die dagtemperature gaan stelselmatig begin klim totdat dit teen Vrydag weer rondom 17 grade gedurende die dag sal wees.
Só het Cornelia van der Berg se motorruit op die oggend van 23 Julie gelyk.Chanae Marais van Sasolburg was betower deur die ystorinkies op die gras.Noeline Venter het dié ysige wintertoneel in Vereeniging geneem.Petro Taylor het dié vasgevrieste waterwielfontein omstreeks 08:50 op 23 Julie in hul tuin afgeneem.Die net oor Marie Kroeger se visdammetjie het heeltemal verys.Die watervalletjie in Marianne Nienaber se tuin was teen 11:30 steeds vasgevries.Jo-Merie van der Westhuizen het dié bibberende toneel in Vanderbijlpark vasgevang.Ans Simich se gevriesde fontein in Meyerton op 23 julieDie foto is in Henley-on-Klip geneem. Gaggie Gagiano van Vanderbijlpark se fontein was kliphard gevries. Een van die baie spuitfonteine wat deur die nag verys het.Marietjie Barnard het dié foto van ‘n veryste besproeiingspunt in Henley-on-Klip geneem.Jennifer Nienaber het dié foto in hul tuin op die Louisrus-hoewes buite Vanderbijlpark geneem.Karen Labuschagne het dié koue toneel in Kragbron vasgevang.Yvonne Müller het dié ysskildery in haar ouers se tuin in Rothdene afgeneem.Heleen Dreyer van Greunen het Vrydagoggend op dié ongewone toneeltjie afgekom nadat haar dogtertjie ‘n speelgoedhaai oornag in ‘n bak water vergeet het.