Mustang Musketeers gee hartroerende laaste eer aan tiener by Gas Monkey
Dit was altyd James se droom dat die Mustang Musketeers hom eendag na sy matriekafskeid moes neem, maar dit was hom nie beskore nie.

‘n Plaaslike motorklub, Mustang Musketeers, het verlede week ‘n hartroerende laaste eer bewys aan die Sasolburgse tiener, James Holtzhausen (17), wat op 16 Julie gesterf het.
Dit was altyd James se droom dat die Mustang Musketeers hom eendag na sy matriekafskeid moes neem, maar dit was hom nie beskore nie.
Lede van die motorklub het verlede Woensdag by Spar in Sasolburg bymekaargekom en aan die stoet deelgeneem na die AGS Suid-gemeente, waar James se troosdiens gehou is. Almal is daarna saam na Gas Monkey by Emerald Resort & Casino in Vanderbijlpark, waar hulle saam geëet het. James se familie bedank graag almal wat hulle in dié moeilike tyd bystaan.
Kyk na die video hier: (Die video is in lae resolusie gelaai maar jy kan dit self hoër stel op jou You Tube-settings)

Lees die vorige berig oor James se dood hier:
