NewsNewsSportSport

Valke deur na halfeind

Die Valke se veldtog in die Eersteliga van die Carling Curriebeker is weer op die wenkoers nadat hy Vrydag op sy tuisveld die Oostelike Provinsie met 39-23 geklop het. Die Skarlakenrooies het met dié sege oor die manne van die Baai gesorg dat hy tot die derde plek op die punteleer opskuif en vir hom …

Die Valke se veldtog in die Eersteliga van die Carling Curriebeker is weer op die wenkoers nadat hy Vrydag op sy tuisveld die Oostelike Provinsie met 39-23 geklop het. Die Skarlakenrooies het met dié sege oor die manne van die Baai gesorg dat hy tot die derde plek op die punteleer opskuif en vir hom ‘n plek in die halfeindronde bespreek. Die Luiperds is met 26 punte bo-aan die punteleer na sy skitter sege met 54-13 oor die Grens, gevolg deur die Griffons met 25 punte en die Valke met 18 punte. Die Valke kom in die halfeindronde teen die Griffons in Welkom te staan. Die Griffons het verlede maand in Welkom die Valke met 32-3 ‘n afgedankste pak gegee en behoort ‘n tawwe kalant op sy tuisveld te wees. Die Luiperds kom eerskomende Vrydag in Potchefstroom teen die Boland in die ander halfeindstryd te staan. Die Luiperds is die volslae gunsteling maar sal steeds alles in die stryd moet werp om die Bolanders se aanslag af te weer.    

Die skarlakenrooies in aksie teen die Oostelike Provinsie. Foto’s: GB Jordaan

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button