LifestyleNews

Teken in vir private instandhouding van grafte

Leana Gough-Killick van die Community Support Forum en ‘n span helpers bied die afgelope sewe jaar ‘n diens aan om grafte teen ‘n geringe koste privaat in stand te hou.

VANDERBIJLPARK. – Die vervalle toestand van die dorp se munisipale begraafplaas is gereeld in die nuus. Gras staan plek-plek heuphoogte en daarby is dit weens rooftogte wat gereeld hier voorkom, te gevaarlik vir mense wie se geliefdes hier begrawe lê, om hul grafte self te gaan versorg.

Leana Gough-Killick van die Community Support Forum en ‘n span helpers bied die afgelope sewe jaar ‘n diens aan om grafte teen ‘n geringe koste privaat in stand te hou.

Met die lente om die draai, lei die span die gras om die grafte reeds gereeld nat. Hulle sny gras (indien daar reeds gras is) en plant ook gras aan as naasbestaandes dit graag wil hê.

Hulle maak ook die steen skoon, haal bossies uit en vul grafte op indien dit begin sak. Vir mense wat ver bly, bied hulle ‘n diens om gereeld blomme of ‘n kransie te gaan opsit. Naasbestaandes kan net laat weet hoeveel geld hulle wil spandeer, waarna die span dit gaan koop en by die graf opsit. Foto’s word as bewys gestuur nadat dit opgesit is.

Die span is ook oor naweke by die grafte beskikbaar om beskerming te bied aan mense wat hul geliefdes se grafte wil kom besoek.Kontak Leana via WhatsApp by 072 329 7263 vir meer inligting as jy belangstel om jou geliefdes se grafte maandeliks te laat versorg.

‘n Voorbeeld van die grafte wat netjies deur die private instansie versorg word.

************************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button