NewsNewsSportSport

Valie se tasse gepak vir Kenia

VANDERBIJLPARK. – Die 19-jarige hekkie-sensasie, Marioné Fourie, ‘n oud-leerling aan die Hoërskool Driehoek, trippel soos ‘n resiesoperd rond in afgwagting vir die Wêreld Junior Kampioenskap wat eersdaags in Kenia plaasvind.  Haar sakke is gepak en sy kan nie wag om eerskomende Sondag op die vliegtuig te klim nie. Sy is tans die Suid-Afrikaanse senior- (13.56s), …

VANDERBIJLPARK. – Die 19-jarige hekkie-sensasie, Marioné Fourie, ‘n oud-leerling aan die Hoërskool Driehoek, trippel soos ‘n resiesoperd rond in afgwagting vir die Wêreld Junior Kampioenskap wat eersdaags in Kenia plaasvind.  Haar sakke is gepak en sy kan nie wag om eerskomende Sondag op die vliegtuig te klim nie.

Sy is tans die Suid-Afrikaanse senior- (13.56s), SA junior- (13.47s) en SA-Studente hekkieskampioen (13.61s). Volgens haar afrigter  Juan Strydom is sy ‘n medalje-kandidaat. Sy het onlangs in Italië gaan deelneem een is op goeie vorm en as alles goed verloop behoort ‘n podiumplek binne haar bereik te wees.

Sy het ook vir die Afrika Kampioenskap gekwalifiseer wat ongelukkig weens die Covid-19 pandemie afgestel is. Die Vaaldriehoek gaan styf vir haar duim vashou.

Marione Fourie is slaggereed vir die Wêreld Junior kampioenskap in Kenia.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button