Local newsNewsNewsSportSport

Kolwe klap by T20 Blast

VEREENIGING. – Die eerste kragmetings van die T20 Blast-reeks is die naweek op Verref se velde beslis. Die reeks vir o.11 en 13-spanne strek van 13 tot 29 Augustus. Met laerskole skolesport wat tans nie plaasvind nie, verskaf dié reeks broodnodige oefening in wedstrydverband vir die spelers wat andersins ledig by die huis sou gesit …

VEREENIGING. – Die eerste kragmetings van die T20 Blast-reeks is die naweek op Verref se velde beslis. Die reeks vir o.11 en 13-spanne strek van 13 tot 29 Augustus. Met laerskole skolesport wat tans nie plaasvind nie, verskaf dié reeks broodnodige oefening in wedstrydverband vir die spelers wat andersins ledig by die huis sou gesit het. Stephan de Villiers, die organiseerder van die reeks, is ‘n voorstander van junior krieket ontwikkeling in die Vaaldriehoek. Die gesogte Sedibeng Premier Liga (SPL) is ook sy breinkind en getuig van sy onderneming om laerskole-krieket in die Vaaldriehoek te laat groei en verbeter. Kyk uit vir Vaalweekblad vandeesweek vir ‘n volledige berig en uitslae van die eerste rondte se kragmetings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button